768683
39
Zoom out
Zoom in
Vorherige Seite
1/41
Nächste Seite
7776 instruction manual Joolz Aer carry cot
AFRIKAANS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK
EN HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
WAARSKUWINGS
VIR DIE DRABEDJIE
+Die Joolz Aer-drabedjie is slegs
geskik vir ’n kind wat nie alleen kan
regopsit, omrol of hom-/haarself op
sy/haar hande en knie kan opdruk
nie. Maksimum gewig van die kind: 9
kg/20 lb.
+Moenie enige kussing, donskombers of
ekstra matras vir opvulsel gebruik wat
nie deur Joolz verskaf of goedgekeur
is nie.
+Moet nooit die kind sonder toesig laat
nie.
+Dié produk is slegs geskik vir ’n kind
wat nie sonder ondersteuning kan
regopsit nie.
+Gebruik slegs op ‘n ferm, horisontaal-
gelyk en droë oppervlak.
+Moenie toelaat dat ander kinders
sonder toesig naby die drabedjie speel
nie.
+Moenie dit gebruik as enige deel van
die drabedjie gebreek, geskeur of weg
is nie.
+Gebruik slegs vervangings- of
spaaronderdele en bybehore wat deur
Joolz verskaf of goedgekeur is.
+Gebruik slegs die matras wat deur
Joolz verskaf is. Moenie ’n ekstra
matras bo-op die matras wat deur
Joolz verskaf is, plaas nie.
+Hou die Joolz Aer weg van oop vure
of ander hittebronne.
+Die stuur en die onderkant van die
drabedjie moet gereeld nagegaan
word vir tekens van skade of verweer.
+Maak vóór gebruik altyd seker dat die
bufferstaaf korrek aan die bababedjie-
eenhede gekoppel is.
+Die kind in die drabedjie se kop moet
nooit laer as sy/haar liggaam wees
nie.
+Oorverhitting kan jou kind se lewe
in gevaar stel! Hou rekening met die
omgewingstemperatuur en die kind se
kleding en maak seker dat die kind nie
te koud of te warm kry nie.
VERSMORINGSGEVAAR: Die
babadrastoel kan op sagte oppervlakke
omrol en die kind versmoor. MOET
NOOIT die babadrastoel op beddens,
banke of ander sagte oppervlakke neersit
nie.
VALGEVAAR: Die kind se aktiwiteit kan
die drastoel laat gly. MOET NOOIT die
drastoel naby die kante van toonbanke,
tafels of enige ander hoë oppervlakke
neersit nie. MOET NOOIT hierdie
drastoel gebruik as vervoermiddel vir ’n
baba in ’n motor nie.
za
ONDERHOUD / WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep
skoon. Spoel dit met vars water en laat dit droog
word. Moet nooit bleikmiddels of ander chemiese
reinigers gebruik nie. Behandel die wiele en metaaldele
periodiek (ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Aer-stootwaentjie is
geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne invloede
soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-onderdele kan
beskadig word deur suurreinigers of vetterigheid, en dit
kan vlekke of verkleuring van die aluminiumonderdele
veroorsaak. Daarom raai ons jou aan om die
aluminiumonderdele van jou stootwaentjie met warm
water en ’n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Joolz bied ’n lewenslange waarborg op die Joolz Aer.
Die waarborg dek alle materiale en vervaardigingfoute,
maar nie die omruil of teruggee van die produk nie. Om
vir die lewenslange waarborg te kwalifiseer moet jy net
binne ses maande ná aankoop jou Joolz-stootwaentjie
op register.joolz.com registreer en jou oorspronklike
aankoopbewys met die aankoopdatum bewaar. As
jy nie jou Joolz-stootwaentjie binne ses maande ná
aankope registreer nie, sal jy ’n twee-jaar-waarborg
ontvang.
Die waarborg is slegs geldig as jy die volgende items
saam met die defektiewe produk aan jou handelaar
beskikbaar stel:
1) Jou waarborg-sertifikaat
2) Enige vorm van persoonlike identifikasie
3) ’N afskrif van die aankoopbewys (met die
aankoopdatum)
4) ’N gedetailleerde beskrywing van die defek.
Jy sal die waarborgsertifikaat ontvang nadat jy
jou Joolz-stootwaentjie op ons webblad
(register.joolz.com) geregistreer het.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Let wel, enige herstelwerk
verleng nie die waarborgperiode nie.
DIE WAARBORG DEK NIE:
1) Defekte wat deur normale slytasie, soos uitgewerkte
wiele en tekstiel wat deur alledaagse gebruik
verweer is, krappe op die aluminium en/of metaal
en natuurlike verkleuring van materiale wat deur
die verloop van tyd veroorsaak is, of skade wat
ontstaan deur nie die instandhoudinginstruksies te
volg nie.
2) Skade aan die wiele, soos gate en skeure.
3) Skade veroorsaak deur ongelukke, verkeerde
gebruik, nalatigheid, brand, kontak met vloeistowwe
of ander eksterne oorsake.
4) Skade veroorsaak deur nienakoming van die
instruksiehandleiding, instruksiefilms of ander
Joolz-riglyne.
5) Skade veroorsaak deur ’n ander produk, met
inbegrip van bybehore.
6) Skade veroorsaak deur diens of herstelwerk gedoen
deur iemand wat nie ’n amptelike verteenwoordiger
van Joolz is nie.
7) Diefstal.
8) Lugvervoer of vragskade.
Veiligheid was’n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Aer-stootwaentjie en
bababedjie. Derhalwe voldoen ons produkte aan die
hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888-1:2018 / EN 1466:2014/AC: 2015
Verenigde State: ASTM F833-19 / ASTM F2050-19
Kanada: SOR/2016-167
Australië: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
39

Brauchen Sie Hilfe? Stellen Sie Ihre Frage.

Forenregeln

Missbrauch melden von Frage und/oder Antwort

Libble nimmt den Missbrauch seiner Dienste sehr ernst. Wir setzen uns dafür ein, derartige Missbrauchsfälle gemäß den Gesetzen Ihres Heimatlandes zu behandeln. Wenn Sie eine Meldung übermitteln, überprüfen wir Ihre Informationen und ergreifen entsprechende Maßnahmen. Wir melden uns nur dann wieder bei Ihnen, wenn wir weitere Einzelheiten wissen müssen oder weitere Informationen für Sie haben.

Art des Missbrauchs:

Zum Beispiel antisemitische Inhalte, rassistische Inhalte oder Material, das zu einer Gewalttat führen könnte.

Beispielsweise eine Kreditkartennummer, persönliche Identifikationsnummer oder unveröffentlichte Privatadresse. Beachten Sie, dass E-Mail-Adressen und der vollständige Name nicht als private Informationen angesehen werden.

Forenregeln

Um zu sinnvolle Fragen zu kommen halten Sie sich bitte an folgende Spielregeln:

Neu registrieren

Registrieren auf E - Mails für Joolz Aer carry cot wenn:


Sie erhalten eine E-Mail, um sich für eine oder beide Optionen anzumelden.


Das Handbuch wird per E-Mail gesendet. Überprüfen Sie ihre E-Mail.

Wenn Sie innerhalb von 15 Minuten keine E-Mail mit dem Handbuch erhalten haben, kann es sein, dass Sie eine falsche E-Mail-Adresse eingegeben haben oder dass Ihr ISP eine maximale Größe eingestellt hat, um E-Mails zu erhalten, die kleiner als die Größe des Handbuchs sind.

Ihre Frage wurde zu diesem Forum hinzugefügt

Möchten Sie eine E-Mail erhalten, wenn neue Antworten und Fragen veröffentlicht werden? Geben Sie bitte Ihre Email-Adresse ein.



Info