768668
48
Zoom out
Zoom in
Vorherige Seite
1/51
Nächste Seite
9594 instruction manual Joolz Day3
za
AFRIKAANS
WAARSKUWINGS
WAARSKUWINGS
VIR DIE DRABEDJIE
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK
EN HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
+Moet nooit jou kind sonder toesig laat nie.
+Maak seker dat al die sluittoestelle gekoppel is vóór
gebruik.
+ Om besering te vermy, maak seker dat jou kind
weggehou word wanneer jy dié produk oop- en
toevou of verstel.
+Moenie jou kind toelaat om met hierdie produk te
speel nie.
+Hierdie sitplekeenheid is nie geskik vir kinders onder
6 maande nie.
+Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+Maak seker dat die aanhegtoestelle vir die
bababedjie-, sitplek- of karstoeltjie-eenhede korrek
aangesluit is vóór gebruik.
+Dié produk is nie geskik vir hardloop of skaats nie.
+Die Joolz Day³ -bababedjie en sitplekeenhede is
slegs verenigbaar met die Joolz Day³-onderstel en
omgekeerd.
+Moenie ’n ekstra matras gebruik nie.
+Enige lading wat aan die kante of stuur van die
Joolz Day³ -stootwaentjie gehang word, kan die
stabiliteit daarvan affekteer.
+Die Joolz Day³ -bababedjie of sitplekeenhede kan
elk net een passasier dra.
+Gebruik net liggaamsitplekke, karstoeltjies,
vervangingsonderdele en bybehore wat deur Joolz
goedgekeur is.
+Vir karstoeltjies in kombinasie met die Joolz Day³-
onderstel; dié voertuig vervang nie ’n bababedjie
of ’n bed nie. As dit nodig word vir jou kind om te
slaap moet hy/sy in die Joolz Day³ stootwaentjie-
onderstel-, bababedjie of ’n bed neergelê word.
+Moenie die stootwaentjie gebruik as enige van die
onderdele beskadig, geskeur of weg is nie.
+Gebruik altyd die rotasieslot op die voorwiele
wanneer die stootwaentjie toegevou word. Versuim
om dit te doen kan lei tot obstruksie van die bande,
wat vervorming kan veroorsaak, veral in ’n warm
omgewing.
+Koppel altyd die remme wanneer kinders in die
waentjie geplaas, of daaruit gehaal word.
+Moenie bybehore wat nie deur Joolz beskikbaar
gestel word nie, gebruik nie.
+Gebruik slegs onderdele wat deur Joolz verskaf of
aanbeveel word.
+Dié sitplek is bedoel vir kinders van 6 maande tot ’n
maksimum gewig van 22 kg/48.5 lbs.
+Die Joolz Day³ -bababedjie is geskik vir ’n kind wat
nie alleen kan regopsit, omrol of hom-/haarself op
sy/haar hande en knie kan opdruk nie. Maksimum
gewig van die kind: 9 kg.
+Dié produk is slegs geskik vir ’n kind wat nie sonder
ondersteuning kan regopsit nie.
+Gebruik slegs op ‘n ferm, horisontaal-gelyk en droë
oppervlak.
+Moenie toelaat dat ander kinders sonder toesig naby
die drabedjie speel nie.
+Moenie die drabedjie gebruik as enige deel daarvan
gebreek, geskeur of weg is nie.
+Hou die Joolz Day³ weg van oop vure of ander
hittebronne, soos elektriese staafverwarmers,
gasvure, ens.
+Die stuur en die onderkant van die drabedjie moet
gereeld nagegaan word vir tekens van skade of
verweer.
+Maak vóór gebruik altyd seker dat die bufferstaaf
korrek gekoppel is aan die bababedjie/
sitplekeenhede.
+Die kind in die drabedjie se kop moet nooit laer as
sy/haar liggaam wees nie.
+Moenie ’n ekstra matras bo-op die matras wat deur
Joolz verskaf is, plaas nie.
ONDERHOUD / WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep skoon.
Spoel dit met vars water en laat dit droog word. Moet
nooit bleikmiddels of ander chemiese reinigers gebruik
nie. Behandel die wiele en metaaldele periodiek
(ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Day³-stootwaentjie
is geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne
invloede soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-
onderdele kan beskadig word deur suurreinigers of
vetterigheid, en dit kan vlekke of verkleuring van die
aluminiumonderdele veroorsaak. Daarom raai ons jou
aan om die aluminiumonderdele van jou stootwaentjie
met warm water en ’n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Joolz bied ’n lewenslange waarborg op die
Joolz Day³. Die waarborg dek alle materiale en
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee
van die produk nie. Om vir die lewenslange waarborg
te kwalifiseer moet jy net binne ses maande ná
aankoop jou Joolz-stootwaentjie op register.joolz.
com registreer en jou oorspronklike aankoopbewys
met die aankoopdatum bewaar. As jy nie jou Joolz-
stootwaentjie binne ses maande ná aankope registreer
nie, sal jy ’n twee-jaar-waarborg ontvang.
Die waarborg is slegs geldig as jy die volgende items
saam met die defektiewe produk aan jou handelaar
beskikbaar stel:
1) Jou waarborg-sertifikaat
2) Enige vorm van persoonlike identifikasie
3) ’N afskrif van die aankoopbewys (met die
aankoopdatum)
4) ’N gedetailleerde beskrywing van die defek.
Jy sal die waarborgsertifikaat ontvang nadat jy
jou Joolz-stootwaentjie op ons webblad
(register.joolz.com) geregistreer het.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Let wel, enige herstelwerk
verleng nie die waarborgperiode nie.
DIE WAARBORG DEK NIE:
1) Defekte wat deur normale slytasie, soos uitgewerkte
wiele en tekstiel wat deur alledaagse gebruik
verweer is, krappe op die aluminium en/of metaal
en natuurlike verkleuring van materiale wat deur
die verloop van tyd veroorsaak is, of skade wat
ontstaan deur nie die instandhoudinginstruksies te
volg nie.
2) Skade aan die wiele, soos gate en skeure.
3) Skade veroorsaak deur ongelukke, verkeerde
gebruik, nalatigheid, brand, kontak met
vloeistowwe of ander eksterne oorsake.
4) Skade veroorsaak deur nienakoming van die
instruksiehandleiding, instruksiefilms of ander
Joolz-riglyne.
5) Skade veroorsaak deur ’n ander produk, met
inbegrip van bybehore.
6) Skade veroorsaak deur diens of herstelwerk
gedoen deur iemand wat nie ’n amptelike
verteenwoordiger van Joolz is nie.
7) Diefstal.
8) Lugvervoer of vragskade.
Veiligheid was’n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Day³-stootwaentjie
en bababedjie. Derhalwe voldoen ons produkte aan
die hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888:2012 / EN 1466:2014/AC: 2015
Verenigde State: ASTM F833-15 / ASTM F2050-16
Kanada: SOR/2016-167
Australië: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
48

Brauchen Sie Hilfe? Stellen Sie Ihre Frage.

Forenregeln

Missbrauch melden von Frage und/oder Antwort

Libble nimmt den Missbrauch seiner Dienste sehr ernst. Wir setzen uns dafür ein, derartige Missbrauchsfälle gemäß den Gesetzen Ihres Heimatlandes zu behandeln. Wenn Sie eine Meldung übermitteln, überprüfen wir Ihre Informationen und ergreifen entsprechende Maßnahmen. Wir melden uns nur dann wieder bei Ihnen, wenn wir weitere Einzelheiten wissen müssen oder weitere Informationen für Sie haben.

Art des Missbrauchs:

Zum Beispiel antisemitische Inhalte, rassistische Inhalte oder Material, das zu einer Gewalttat führen könnte.

Beispielsweise eine Kreditkartennummer, persönliche Identifikationsnummer oder unveröffentlichte Privatadresse. Beachten Sie, dass E-Mail-Adressen und der vollständige Name nicht als private Informationen angesehen werden.

Forenregeln

Um zu sinnvolle Fragen zu kommen halten Sie sich bitte an folgende Spielregeln:

Neu registrieren

Registrieren auf E - Mails für Joolz Day 3 wenn:


Sie erhalten eine E-Mail, um sich für eine oder beide Optionen anzumelden.


Das Handbuch wird per E-Mail gesendet. Überprüfen Sie ihre E-Mail.

Wenn Sie innerhalb von 15 Minuten keine E-Mail mit dem Handbuch erhalten haben, kann es sein, dass Sie eine falsche E-Mail-Adresse eingegeben haben oder dass Ihr ISP eine maximale Größe eingestellt hat, um E-Mails zu erhalten, die kleiner als die Größe des Handbuchs sind.

Ihre Frage wurde zu diesem Forum hinzugefügt

Möchten Sie eine E-Mail erhalten, wenn neue Antworten und Fragen veröffentlicht werden? Geben Sie bitte Ihre Email-Adresse ein.



Info